Hi Cate-Lynne Smith,
I would like to thank you and your offices incredibly professional and efficient support in this.
Being out of South Africa for some time now my Sisters and I were expecting this to be a long and protracted process. You and the team have made it simple, efficient and kept us informed every step of the way. What a brilliant service!
It’s been a true pleasure!
Thank you and all the best for the future.
Kind Regards,
Neil
Goeiemôre Cate-Lynne, Mnr Hermie, Mev Hiermen en Stefanie
Baie baie dankie vir al julle hulp en bystand met die verkoop en koop transaksies van die onderskeie eiendomme.
Dit is voorwaar 'n groot voorreg om saam met die uiters professionele, vriendelike en behulpsame span van Jawitz en Döman & Kogler te werk.
Weereens baie dankie
Groetnis
Marius van Rhyn
Goeie dag Karel
Ons wil ook spesifiek ons dank en waardering uitspreek vir die professionele manier waarop jy die Eksekuteursrol uitgevoer het. Dit was vir ons goed om altyd op hoogte gehou te word van die stappe en prosesse waardeur die boedel moes gaan. Ons sê ook dankie dat jy altyd bereid was om te reageer op ons vrae en versoeke, en om ons selfs by geleentheid te adviseer oor verwante aangeleenthede buite die raamwerk van die boedel.
Wees verseker dat ons in die toekoms sonder voorbehoud weer van julle dienste gebruik sal maak, indien nodig, en dit ook aan ander aanbeveel.
Ingrid, Lester en William
Goeie more Hermien,
Baie dankie vir die goeie nuus.
Ons is al baie opgewonde en is opgepak en reg om te trek.
Weereens baie dankie vir die flinke diens, professionaliteit, meelewing en vriendelikheid.
Sterkte.
Mooi loop en veilig bly.
Vriendelike groete.
Sandra en Pamela
Goeie middag Cate-Lynne
Ek wil jou net bedank vir jou effektiewe, spoedige en baie vriendelike diens met die oordrag van die erf op Rutz en Ruan Marx se name, asook die opstel van die verblyf reg kontrak.
Dra ook asseblief my dank aan meneer Doman oor vir sy en sy personeel se uitstekende diens. Die kere wat ek met hom persoonlik gepraat het was hy baie professioneel, behulpsaam en vriendelik.
Julle diens is uitstekend.
Vriendelike groete
Susan Roos
Thank you soo much. We have been extremely happy with the fast professional manner you have undertaken all our business dealings. You're a credit to the profession. Pity more lawyers don't take a leaf out of your book.
Thank you once again.
Kind regards
Jack and Lesley Byrne
Beste Arina en Hermien,
Jul diens was eenvoudig PUIK.
Uit die aard van my beroep, is ek by baie prokureursfirmas betrokke.
Oor die afgelope ±15 jaar was jul diens van die beste: gereelde terugvoer, terugvoer en nogmaals terugvoer (aan die Agentskap asook die 2 partye betrokke).
Mooi middag verder.
Johann (M.Comm. Cum Laude) & Nita Dippenaar
Guthrie & Theron Eiendomme
Dear Arina,
We would like to thank you most sincerely for the time and guidance you've given us .
Words can not express the gratitude we feel, we will surely recommend W.H Doman & Kogler attorneys to anyone who is looking for an experienced team.
Buying / Selling a home is not a easy task and you made this experience smooth for us.
Beyond that it has simply been a pleasure getting to know you.
We feel grounded and supported.
Thanking you.
Robert and Surene Peterson
Dear Junade and Karel
Thank you for the documentation, and I received the money in my account last night. Anita and I are very grateful for the attention to detail and helpfulness with which you have handled this transfer. We are very happy here, and you have contributed to that – thank you!
Regards
Richard and Anita
Baie dankie Hermie.
Ons waardeer jou hulp met hierdie transaksie ontsettend. Dit was vir ons almal en veral my ma baie gerusstellend dat jy die aangeleentheid sou hanteer en deursien en wil ek vir jou opreg bedank vir die manier waarop jy dit hanteer het. Dit was n moeilike tyd vir ons almal, maar het die wete dat die transaksie in veilige hande is en dat jy in belang van my pa optree vir ons almal baie gerus gestel.
Weereens dankie!
Christiaan Groenewald
My brother and I started the process of property transfer to a foreign client on 15 Oct 21. All done by 17 Dec 21. How is that for prompt service.
You are an effective, efficient, professional and friendly, people company.
Although my brother is based in Australia and I in South Africa communication was no problem.
We will certainly recommend Doman and Kogler Attorneys as a brilliant service provider.
Thank you and have a good festive season and new year.
Christie and John Steyn
Copyright © 2024 Doman & Kogler.