Baie dankie Hermie.
Ons waardeer jou hulp met hierdie transaksie ontsettend. Dit was vir ons almal en veral my ma baie gerusstellend dat jy die aangeleentheid sou hanteer en deursien en wil ek vir jou opreg bedank vir die manier waarop jy dit hanteer het. Dit was n moeilike tyd vir ons almal, maar het die wete dat die transaksie in veilige hande is en dat jy in belang van my pa optree vir ons almal baie gerus gestel.
Weereens dankie!
Christiaan Groenewald
