01In Their Words

Trust, earned one matter at a time.

Reproduced with our clients' kind permission. Reviews are shown in their original language.

I would like to thank you and your offices incredibly professional and efficient support in this. Being out of South Africa for some time now my Sisters and I were expecting this to be a long and protracted process. You and the team have made it simple, efficient and kept us informed every step of the way. What a brilliant service! It's been a true pleasure!

Neil Louw

30 January 2024

Baie baie dankie vir al julle hulp en bystand met die verkoop en koop transaksies van die onderskeie eiendomme. Dit is voorwaar 'n groot voorreg om saam met die uiters professionele, vriendelike en behulpsame span van Jawitz en Döman & Kogler te werk.

Marius van Rhyn

29 Januarie 2024

Ons wil ook spesifiek ons dank en waardering uitspreek vir die professionele manier waarop jy die Eksekuteursrol uitgevoer het. Dit was vir ons goed om altyd op hoogte gehou te word van die stappe en prosesse waardeur die boedel moes gaan. Wees verseker dat ons in die toekoms sonder voorbehoud weer van julle dienste gebruik sal maak, en dit ook aan ander aanbeveel.

William & Ingrid Murray, Lester Aries

11 Desember 2023

Ons is al baie opgewonde en is opgepak en reg om te trek. Weereens baie dankie vir die flinke diens, professionaliteit, meelewing en vriendelikheid.

Sandra Fransman & Pamela Petersen

25 Oktober 2023

Baie geluk Hermien — vir PUIK werk. Dit is in alle waarskynlikheid die transaksie van my — wat oor die afgelope ±18 jaar — die vinnigste geregistreer het.

Johann & Nita Dippenaar, Guthrie & Theron Properties

16 September 2023

Baie dankie vir julle puik diens en dat julle ons op hoogte gehou het deur die hele proses.

Marisa & Nico Botha

23 Augustus 2023

Thanks for everything Hermie, it was an absolute pleasure working with you! Outstanding service!!

Jan Lutzeyer

16 August 2023

Ek wil jou net bedank vir jou effektiewe, spoedige en baie vriendelike diens met die oordrag van die erf, asook die opstel van die verblyf reg kontrak. Dra ook asseblief my dank aan meneer Doman oor vir sy en sy personeel se uitstekende diens. Julle diens is uitstekend.

Susan Roos

29 Junie 2023

Ek wil graag hiermee dank betoon aan jul maatskappy se knap werk om so spoedig my rekening te hanteer. Die geld het so pas in my rekening reflekteer. Baie dankie.

Margaret Kumalo

9 Junie 2023

Thank you soo much. We have been extremely happy with the fast professional manner you have undertaken all our business dealings. You're a credit to the profession. Pity more lawyers don't take a leaf out of your book.

Jack & Lesley Byrne

5 June 2023

Verskriklik baie dankie vir alles wat julle namens ons behartig het. Julle diens was puik, vinnig en baie effektief. Die stadsjapies het baie te leer by julle firma se professionaliteit!

Reneta Denis

26 Mei 2023

Jul diens was eenvoudig PUIK. Uit die aard van my beroep, is ek by baie prokureursfirmas betrokke. Oor die afgelope ±15 jaar was jul diens van die beste: gereelde terugvoer, terugvoer en nogmaals terugvoer (aan die Agentskap asook die 2 partye betrokke).

Johann & Nita Dippenaar, Guthrie & Theron Eiendomme

13 Februarie 2023

May God bless you Mr Kogler. Thank you so much for all you did for us. Me and my daughters will always remember you, and in our prayers. May God be with you and your family always.

Esme Morilly

21 November 2022

We would like to thank you most sincerely for the time and guidance you've given us. Words can not express the gratitude we feel, we will surely recommend the firm to anyone who is looking for an experienced team. Buying / Selling a home is not an easy task and you made this experience smooth for us. Beyond that it has simply been a pleasure getting to know you. We feel grounded and supported.

Robert & Surene Peterson

21 October 2022

Baie dankie vir die skrywe, en vir die goeie diens van Doman en Kogler. Spesifiek dankie vir jou, dit was altyd 'n plesier om met jou saam te werk.

Lize De la Rouviere

4 Augustus 2022